Groot oopsie tydens brandstof-diefstal…

Ileni Shapumba, hoofinspekteur van die Erongo-polisie, het bevestig dat ‘n ondersoek gelas is na die diefstal van 20 000 liter brandstof by TransNamib aan die kus. Twee werknemers is reeds in hegtenis geneem. Die brandstof is volgens berigte, uit ‘n trein tussen Walvisbaai en Arandis gesteel. Die twee het blykbaar ‘n kragopwekker gebruik om die diesel uit te pomp wat gelei het tot ‘n ontploffing wat een van die verdagtes se vragmotors aan die brand laat steek het en wat tot hul inhegtenisneming gelei het. Die treindrywer was blykbaar een van die diewe en het die trein daar gestop.