Angula eenvoudig verkeerd tydens debat

Die onafhanklike presidentskandidaat Ally Angula het haar onkunde duidelik gemaak tydens die presidensiële debat wat deur die Konrad Adenauer-stigting aangebied is. Sy het gespring van kritiek teenoor Uranium One en ReconAfrica se eksplorasie na Namibië se bewaringsprogramme wat sy sê grond by mense steel.

Angula blyk om salig onbewus te wees van die lof wat Namibië kry vir sy gemeenskapsbewarings programme wat presies daargestel is om mense te betrek by bewaring en landbou.