Ramaphosa moet aanspreeklik gehou word – EFF

Die EFF se adjunkpresident Floyd Shivambu sê President Cyril Ramaphosa het nie net plaaslike wette oortree nie, maar ook internasionale konvensies waarvan Suid-Afrika deel is. Die gewese spioenasiehoof Arthur Fraser het in ‘n beëdigde verklaring beweer Ramaphosa was betrokke by die verberging van die kontantroof op sy plaas Phala Phala in Limpopo. Die president hou vol die gesteelde geld was die opbrengs van ‘n veiling en hy wou dit nog bank. Shivambu sê Ramaphosa moet aanspreeklik gehou word: