Tradisionele stokvel, miljarde werd, sal verdwyn

Reaksie word ontvang op berigte dat die stokvel-bedryf in Suid-Afrika 50 miljard Suid-Afrikaanse rand werd is maar, dat kommersiële bank net ongeveer 12 miljard hiervan hanteer. Beide Standard Bank en FNB in die buurland het reeds verskeie produkte bekend gestel om die stokvel-bedryf te ondersteun maar, die mark is volgens kenners nog glad nie betree nie. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê die tradisionele vorm van die stokvel sal begin verdwyn.