Kitskos-eetplekke pas aan met verpligte inentings

Internasionale nuusagentskappe berig dat verskeie kitskos-restaurante in die VSA hulle sitplek binne die eetplekke gesluit het, as gevolg van verpligte inentings wat in stede soos New York en San Francisco van krag is. Sonder ten minste een spuit mag die klante nie binne eet nie. Van die restaurante plaas nou die fokus op aanlyn bestelling deurry fasiliteite en wegneem etes.