Volksmoord-debat moet eers voltooi word voor volgende stap bepaal word

Die volksmoord-bespreking is tans ‘n warm patat in die Nasionale Vergadering. Lede van groepe wat gekant is teen die ooreenkoms tussen Duitsland en Namibië, eis dat dit nietig verklaar word en weer met onderhandelinge begin word. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. Phanuel Kaapama, dosent in die departement van politieke en administratiewe studies van Unam gevra wat sal gebeur as die ooreenkoms nie in die parlement bekragtig word nie. Hy verduidelik…