Toyota en groen waterstof – not baie ver

Toyota Suid-Afrika sê daar is nog geen tydsraamwerk vir die beoogde loodsprojek om in samewerking met Sasol groen waterstof op ‘n spesifieke roete te gebruik nie. Die twee maatskappye het onlangs ‘n vennootskap aangegaan om ‘n projek te ontwikkel wat een van Suid-Afrika se belangrikste vragroetes, soos die N-3 tussen Johannesburg en Durban, te gebruik vir vragmotors wat op waterstof sal loop. Die projek sluit ook ‘n waterstof-vulstasie in. Die vennootskap is geskoei op Sasol se ideaal om ‘n hoofrol te speel in die vestiging van ‘n ekonomie van groen waterstof.