Dinge het goed verloop met gesprek met polisie

‘n Polisie afvaardiging het oor die naweek boere van in die Omitara gebied ontmoet om te gesels oor uitdagings met misdaad, veral veediefstal. Die geleentheid is op Marina Lamprecht se plaas Rooikraal gehou en is die derde vergadering tussen owerhede en boere. Die polisie se afvaardiging is gelei deur Generaal-Majoor Joseph Shikongo, die Hoof van Nampol se Operasies. Lamprecht sê die gesprekke was baie konstruktief.

Sy het meer besonderhede bekend gemaak oor wat beslis is…