Uefa is boos oor Superliga

Brittanje se sekretaris van Kultuursake, Oliver Dowden, het op aandrang van Britse sokkerondersteuners begin om sokker in dié land te hersien. Dit volg na die besluit van 12 Europese spanne om ‘n nuwe Superliga tot stand te bring. Die Britse klubs wat die nuwe Superliga ondersteun, sluit in Manchester City, Manchester United, Arsenal, Chelsea, Liverpool en Tottenham. Die beheerliggaam van Europese sokker, Uefa, het die totstandkoming van die Superliga gekritiseer en as skandalig beskryf. Dowden sê egter hulle sal alles moontlik doen om die spel te beskerm: