Tjongarero sê in NV oor stadions

Die debat oor die stand van sportstadions in Namibië is steeds die middelpunt van gesprekke regoor die land. Dit volg op die verbod op internasionale sokkerwedstryde wat plaasvind in die enigste twee internasionale stadions wat Namibië het. Dit is die Sam Nujoma- en die Onafhanklikheidstadion, wat deur Fifa as ongeskik vir internasionale sportbyeenkomste beskou word. McHenry Venaani van die PDM het in die Nasionale Vergadering die sportminister, Agnes Tjongarero, gevra om terugvoer oor veral die Onafhanklikheidstadion te gee. Sy het so geantwoord.