Titans van Suid-Afrika klop die Namibiese Eagles

Plaaslike krieke: Die Eagles stap vandag weer op die veld teen die Suid-Afrikaanse Titans vir ‘n T20-kragmeting op die Wanderers in die hoofstad nadat hulle gister hulle eerste eendagwedstryd in die Castle Lite-reeks teen die Suid-Afrikaners met 34 lopies verloor het. Die besoekers het die gasheer in 41.4 boulbeurte vir 190 lopies uitgeboul. JJ Smit, van die Eagles is met 68 onoorwonne lopies van 80 aflewerings as speler van die wedstryd aangewys.