Westerse magte steeds besig met ontruiming in Afghanistan

Die Taliban het bykomende magte rondom die Kaboel-lughawe in Afghanistan ontplooi om te voorkom dat groot skares daar saamdrom ná ‘n verwoestende selfmoordbomaanval Donderdag. Dit het gebeur terwyl die massiewe Amerikaanse-geleide lugbrug sy bedrywighede afskaal voor dié week se spertyd. Brittanje het ook sy troepe uit Afghanistan ontruim. Die Britse regering sê hy het die afgelope twee weke meer as 14-duisend-500 mense uit Kaboel ontruim, maar nog duisende Afghane wat geregtig is om na Brittanje te kom, is agtergelaat.