Tigray-dokters herwin handskoene, ontsmet met sout

Dokters in die Tigray-streek in Ethiopië herwin chirurgiese handskoene en gebruik sout om wonde te ontsmet, omdat noodsaaklike mediese voorrade opraak. Die Internasionale Rooi Kruis-komitee het dié inligting bekend gemaak. Hospitale in ander dele van die oorloggeteisterde noorde van die land moes noodgedwonge hulle deure sluit en kan nie pasiënte versorg sonder medisyne, elektrisiteit en water nie. Duisende mense het gesterf in die gevegte in Ethiopië wat reeds 14 maande duur. Miljoene ly onder ‘n kritieke tekort aan kos en mediese voorrade in konflik-geteisterde gebiede.