Giuliani en kie opgeroep oor 6 Jan.

Die Amerikaanse komitee wat die aanval op 6 Januarie op die Amerikaanse kongresgebou ondersoek, het dagvaardings uitgereik aan oudpresident Donald Trump se regspan. Dit sluit in Trump se persoonlike prokureur, Rudy Giuliani en sy vennoot Boris Epshteyn, asook Sidney Powell en Jenna Ellis. Die komitee se voorsitter, Bennie Thompson, sê al vier het teorieë oor verkiesingsbedrog bevorder, pogings aangewend om verkiesingsuitslae om te keer of hulle was regstreeks in kontak met die oudpresident oor pogings om die tel van stemme te stuit.