Tierwyfie soek in suide van Johannesburg… ja, tierwyfie

Inwoners van Walkerville, suid van Johannesburg, is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ‘n tierwyfie wat in die Kliprivier-area rondloop. Die tierwyfie het volgens berigte Saterdagaand uit haar hok op die Walkers-vrugteplaas ontsnap en ‘n 39-jarige man en ‘n hond in die omgewing aangeval. Die tier is volgens berigte laas naby die Daleside Veeartspraktyk opgemerk. Gresham Mandy van die gemeenskaps-polisiëringsforum sê die dier se kampdrade is opsetlik gesny.