Hawie Engels bring hulde aan geliefde Benn Visser

Huldeblyke stroom in na die tragiese dood van die 17-jarige Benjamin Visser, seun van die bekende Agapé-pastoor Leon Visser. Benn is Saterdag oorlede in ‘n fratsongeluk in Hochlandpark na hy en ‘n vriend, wat nie ernstig beseer is nie, ‘n vuurpyl gebou het. Die eerste twee pogings was ‘n sukses maar die derde het tot ‘n ontploffing gelei. Visser was volgens berigte ‘n ywerige wetenskaplike en was lief vir robotika. Hy sou vanjaar ‘n graad 11 student by Windhoek Hoërskool gewees het. Oudskoolhoof van WHS Hawie Engels het sy herinneringe so met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.