Nepal-vliegramp: EU plaas verbod op land se rederye

Die Europese Unie het Nepalese lugrederye uit sy lugruim verban weens kommer oor veiligheid en opleiding, asook onderhoudstandaarde. Dit volg nadat minstens 68 mense dood is toe ‘n vlug van Katmandoe na die toeriste-dorp Pokhara gisteroggend in sentraal-Nepal neergestort en aan die brand geslaan het. Volgens internasionale media is die meeste van die 72 passasiers en bemanningslede dood, maar daar is onbevestigde berigte dat talle mense oorleef het, maar ernstig beseer is. Die Nepalese regering het vandag as ‘n nasionale dag van rou verklaar.