Thailand kombineer entstowwe, behaal sukses

Owerhede in Thailand sê hulle behaal groot sukses met die gebruik van die Chinese Sinovac-entstof vir een spuit en AstraZeneca vir die ander. Volgens die land se gesondheidsministerie het die vermenging van entstowwe die immuniteit van meer as 1,5 miljoen landsburgers baie goed versterk teen Covid-19. Die land het groot uitdagings gehad om voorraad te bekom en is genoodsaak om die besluit om die entstowwe te meng, te maak. Net meer as 13 persent van die land se 66 miljoen inwoners is ten volle teen Covid ingeënt.