Minister se besoek aan Zambezi is ‘geskiedkundig’

Die besoek van die Namibiese minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah aan Zambezi saam met haar eweknie in Botswana, dr. Lemogang Kwape word as geskiedkundig beskryf deur Sinvula Mudabeti, een van die leiers van Namibian Lives Matter.