Omgewingsimpak het invloed op suiwelproduksie en wins

‘n Maatskappy wat volhoubaarheid in landbou bevorder, Trace and Save, het in ‘n gevallestudie weer bevestig ‘n lae invloed op die omgewing hou regstreeks verband met groter winsgewendheid in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf. Die maatskappy het die volhoubaarheid van melkproduksie op weidings ondersoek op 62 plase, waarvan 55 in die Oos-Kaap is. Trace and Save se landbounavorser, Craig Galloway, sê die studie het bevind die groep boere wie se boerderymetodes ‘n lae uitwerking op die omgewing het, se winsgrense is hoër wanneer dit op Suid-Afrikaanse rand per liter en rand per hektaar bereken word.