Thabo Mbeki kap ANC-regering

Die voormalige Suid-Afrikaanse President, Thabo Mbeki, doen ‘n beroep op die ANC-geleide regering om dringend aandag te gee aan kwessies soos armoede, ongelykheid en werkloosheid waaronder Suid-Afrikaners gebuk gaan. Die gewese President waarsku ook onrus kan in die land ontketen weens toenemende ongelukkigheid onder burgers. Mbeki sê die party skiet tekort as dit kom by die nakoming van sy verbintenis. Hy het op die gedenkdiens vir die ANC se ontslape adjunksekretaris-generaal, Jesse Duarte, gepraat.