Namibiërs hoor eers volgende week oor brandstofpryse

Daar is goeie nuus oor brandstofpryse in die buurland na dié week se slegte finansiële nuus oor stygende rentekoerse en inflasie. ‘n Prysverlaging word in Augustus verwag, selfs wanneer die heffingsverligting van 75 sent per liter tot ‘n einde kom. Volgens die Sentrale Energiefonds se daaglikse berekenings, gaan die prys van petrol met omtrent 90 sent per liter daal en diesel kan dalk meer as 50 sent per liter goedkoper wees. Die prys-hersieningstydperk loop Donderdag ten einde en die veranderings sal op 3 Augustus van krag word. Kosmos 94.1 Nuus het aan petroleum-ekonoom, Abednego Ekandjo, gevra hoe die vooruitsigte vir brandstofpryse vir Namibië lyk.