Texas-gyselaarsdrama: Twee Britse tieners vas

Die Britse polisie het twee tieners in hegtenis geneem in verband met Saterdag se gyselaarsdrama by ‘n sinagoge in Texas waartydens die Britse aanvaller doodgeskiet is. Teen-terreur-beamptes het die tieners in Manchester vasgetrek. Die FBI het die gebou ná ‘n drama van tien ure bestorm, Malik Faisal Akram doodgeskiet en die gyselaars bevry. Een van die gyselaars, rabbi Charlie Cytron-Walker, het agterna in ‘n verklaring gesê Akram het toenemend dreigend en strydlustig geraak. Hy het die vrylating geëis van ‘n Pakistanse neuro-wetenskaplike, Aafia Siddiqui, wat vermoedelik band met al-Kaïda het.