Nampol gee meer besonderhede oor Okh-roof

Die polisie in die Otjozondjupa-streek het meer besonderhede verskaf oor die gewapende roof vanoggend op Okahandja. Inspekteur Maureen Mbeha sê daar was vyf rowers in die silwer Golf. Hulle het die kontant wat die sekuriteitsfirma kom haal het, 49 000 Namibiese dollar gebuit. Een van die rowers is raakgeskiet. Mbeha het lede van die publiek en medici gevra om op die uitkyk te wees.