Olifantbul maak amok, keer motor op sy dak

‘n Alleenloper-olifantbul in die iSimangaliso-vleilandpark in KwaZulu-Natal het Sondag ‘n voertuig op die pad na Cape Vidal omgekeer. ‘n Woordvoerder van die park, Bheki Manzini, sê die insittendes het gelukkig ongedeerd daarvan afgekom. ‘n Insittende van ‘n ander voertuig het ‘n video van die voorval geneem. Dit wys hoe die dier die motor op sy dak keer en omdraai voordat hy rustig wegstap. Manzini sê só iets kom nie algemeen voor nie: