Terug-skool-toe-toelae van SA regering vereis

Die Pietermaritzburgse Groep vir Ekonomiese Geregtigheid en Waardigheid doen ʼn beroep op die regering om ʼn terug-skool-toe-toelae in te stel vir gesinne wat sukkel. Die woordvoerder van die organisasie, Mervyn Abrahams, beklemtoon kinders wat die ondersteuningstoelae vir kinders ontvang, moet aan die begin van elke jaar ‘n aanvullende bedrag kry vir skryfbehoeftes en skooldrag. Abrahams vra die betaling van die toelae van 480 Suid-Afrikaanse rand moet in Januarie verdubbel word.