Arbeidskenner: Gehoorsaam die Namibiese arbeidswet

‘n Namibiese arbeidskenner sê ondernemings moet die arbeidswet gehoorsaam en werkers se salarisse betyds betaal. Dit volg op die NEFF-aktivis Michael Amushelelo wat vandeesweek al by twee ondernemings in die hoofstad ontevrede werkers bygestaan het. Hy was eers by die staking van vulstasiewerkers van die Total Riverside-diensstasie in Windhoek totdat hulle hul Desember-salarisse ontvang het en daarna is hy na die Craft Bristo by die Namibia Craft Centre in die middestad waar hy gegriefde werkers ondersteun het. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike arbeidskenner Herbert Jauch gepraat oor werkers wat ander maniere oorweeg om hul salarisse te kry.

Hy sê as hierdie jaar op so ‘n noot afskop, gaan ons nog meer van hierdie optredes sien.