Terry Uttley van Smokie sterf

Terry Uttley, die baskitaarspeler van die groep Smokie, is op die ouderdom van 70 oorlede. Uttley is Vrydag dood maar die nuus is eers Saterdagaand bekend gemaak. Die oorsaak van sy dood is nie bekend nie maar vriende en familie sê hy was vir ‘n kort rukkie siek. Uttley se vrou Shirley is op 17 November vanjaar aan kanker oorlede. Smokie is in 1964 gestig en die groep het in 2013 Namibië besoek. Hulle bekendste en gewildste treffer is ‘Living next door to Alice’.