Inperkings veroorsaak chaos in Europa

Die herrie is in Europa los met strenger inperkings en verpligte inentings wat gelei het tot verskeie protesaksies. In Nederland tree ‘n inperking vanoggend in werking wat geld tot middel Januarie. Nie-noodsaaklike winkels, kroeë, haarsalonne en gimnasiums en ander openbare lokale moet sluit. Net twee gaste word per huishouding toegelaat met vier oor die feestyd. Skole is ook gesluit tot 9 Januarie. In Duitsland het lede van die publiek optogte gehou in verband met verpligte inentings. Europese lande het in die afgelope 24 uur net meer as 344 000 nuwe gevalle van Covid bevestig.