GRN-betaalstaat – onderwys is goedkoper, verdediging duurder

Die Namibiese Statistieke Agentskap het die Staatsloonindeks vir die derde kwartaal van die jaar bekend gemaak. Die indeks verteenwoordig die regering se betaalstaat. Dit het met 0,1 persent afwaarts geneig nadat dit met 0,7 persent gegroei het in die tweede kwartaal. Onderwys is daarvoor verantwoordelik met ‘n inkrimping van 0,8 persent as gevolg van ‘n daling in die senior onderwysbeamptes se poste. Maar, openbare administrasie, gesondheid en verdediging se kostes het toegeneem met 0,3 persent elk. Die regering se betaalstaat beslaan amper 50 persent van die totale begroting en terwyl vakbonde hard baklei, sal staatsamptenare weer nie ‘n verhoging die jaar ontvang nie.