Tennis: Nadal wen Brit in vier stelle

Tennis: Rafael Nadal het die verdediging van sy titel by die Australiese Ope begin met ʼn oorwinning in vier stelle teen die Brit, Jack Draper, wat 15 jaar jonger as hy is. Nadal mik na ‘n nuwe rekord van 23 Grand Slam-toernooititels en hy het met 7-5, 2-6, 6-4 en 6-1 op Melbourne-park die botoon gevoer.