Searcher gaan voort met seismiese opnames langs Weskus

Die departement van minerale hulpbronne en energie het die Geo-wetenskapsdata-onderneming, Searcher, omgewingsmagtiging toegestaan om ‘n seismiese opname aan die kus van Suid-Afrika uit te voer. Dit is Searcher se tweede poging om die opname aan die Weskus te doen. Verlede jaar het Weskus-vissersgemeenskappe die eerste poging suksesvol deur die hof gestuit. Die gemeenskappe het aangevoer dat die onderneming nie voldoende raadpleging gedoen het nie. Searcher het die publiek genooi om as geraakte partye te registreer, sodat hulle aan die raadplegings-prosesse kan deelneem.