Telecom verdubbel belegging in infrastruktuur

Telecom Namibia sê hy sal sy belegging in netwerkopgradering meer as verdubbel na 350 miljoen Namibiese dollar. Dit vorm deel van sy 2023 geïntegreerde strategiese plan. Tot op hede is 150 miljoen dollar reeds in die uitbreiding van infrastruktuur belê en tog loop die staatsbeheerde telekommunikasie maatskappy deur onder kritiek as gevolg van onderbrekings. Die maatskappy se hoof uitvoerende beampte, dr. Stanley Shanapinda sê talle ouer stelsels is reeds vervang om sodoende moderne netwerke te kan skep wat beter en betroubare dienslewering kan bied. Onder die strategiese plan sal die inisiatiewe verder bevorder word wat onderbrekings sal aanspreek en nuwe kapasiteit sal skep. Shanapinda sê dit geld vir landlyne, selfoonverbindings en internetdienste. Onderbrekings word ook deur kragonderbrekings, vandalisme, diefstal en derde-party skade veroorsaak.