Olieprys styg weer, vrese oor Omikron kwyn

Die olieprys het weer vanoggend gestyg met Brent wat met 0,1 persent toegeneem het en rondom 78 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel. Dit is die vyfde sessie van handel wat die prys toeneem. Kenners meen dat Omikron ‘n beperkte invloed op vraag na brandstof sal hê en dat kommer regoor die wêreld besig is om te kwyn. Maar, die algehele prysstyging word beperk as gevolg van die talle vlugte wat regoor die wêreld gekanselleer is, sowel as passasierskepe wat vaarte gestaak het. Die olieprys het met ongeveer 50 persent vanjaar gestyg as gevolg van ekonomiese herstel en ‘n verlaging in produksie deur Opul en sy vennote. Opul sal op 4 Januarie vergader en daar word verwag dat hy by sy aanvanklike besluit om produksie met 400 000 vate daagliks te verhoog, sal bly. Daar word verwag dat die Namibiese ministerie van myne en energie na die einde van die week die brandstofprys vir Januarie bekend sal maak.