Telecom bestee meer as N$27m aan voertuie oor 5 jaar

Telecom Namibië sal net meer as 27,6 miljoen Namibiese dollar oor 60 maande, of vyf jaar, moet opdok vir die huur en instandhouding van sy vloot voertuie. Die tender, wat in Maart vanjaar deur die Sentrale Verkrygingsraad geadverteer is, is toegeken aan Zeda Namibia, wat handel dryf as Avis Fleet. Die maandelikse bedrag beloop net meer as 461 000 dollar. Die tender dokumente wat beskikbaar is, maak geen melding van hoeveel, en watter model, voertuie verskaf moet word nie.