Uitsaai-koalisie sê SABC moet belê in ondersoekende joernalistiek

Die Support Public Broadcasting-koalisie, of SOS, doen ‘n beroep vir ‘n nuwe ondersoekende nuusprogram om Special Assignment te vervang. Die koalisie is ontstem dat na 24 jaar, een van SABC-TV se ondersoekende nuus- en aktualiteitsprogramme gekanselleer is. Die SOS-koördineerder, Uyanda Siyotula, sê om in ondersoekende joernalistiek te belê moet ‘n hoofvereiste vir die openbare uitsaaier wees: