Kyrgios kan in VSA speel ondanks hofsaak

Die omstrede Australiër Nick Kyrgios sal volgende maand na New York kan reis vir die Amerikaanse Ope en ander toernooie al is sy hofsaak vir drie weke uitgestel. Sy eks-meisie, Chiara Passari, kla hom aan van aanranding en hy sou Dinsdag in die hof in Canberra moes verskyn. Die saak sal nou eers op 23 Augustus aangehoor word, terwyl die eerste van die drie toernooie waaraan hy beplan om deel te neem reeds op die 13de begin. Kyrgios se regsverteenwoordiger mag namens hom verskyn.