Tekort aan vragmotorbestuurders in Brittanje

Die Britse regering maan die publiek teen paniek-aankope nadat sommige vulstasies moes sluit weens ‘n tekort aan vragmotorbestuurders om brandstof af te lewer. Grant Shapps, die Britse minister van vervoer, sê die regering doen stappe om bestuurders te werf.