Oos-Kaapse pastoor verkrag glo vier minderjarige meisies

‘n Pastoor van die Oos-Kaap het na bewering oor ‘n tydperk van agt jaar vier minderjarige meisies van sy kerk verkrag. Drie van die meisies is familie van sy vrou. Die sestigjarige man het Woensdag in die landdroshof in Qumbu verskyn op vier aanklagte van verkragting en drie van seksuele voorbereiding. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag is die saak uitgestel tot die sesde Oktober en die beskuldigde is uit op streng borgtogvoorwaardes.