Kommunikasie oor Pfizer na Namibië aan die gang

Die uitvoerende direkteur van die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Namgombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die Covid-entstof Pfizer kom wel nie vandag in Namibië aan, soos Namibiese media aanvanklik berig het nie. Hy sê kommunikasie is wel aan die gang vir die 100 620 dosisse wat onderweg na Namibië is.

Nangombe het ook die Wêreldgesondheidsorganisasie geprys vir hul kommer oor 60 inentingsveldtogte regoor die wêreld wat in 50 lande gestop is met 228 miljoen kinders wat onder ‘n risiko plaas. Hy het gesê Namibië rus nie op sy louere nie.