Teenkorrupsie Kommissie van Namibië vier Afrika Teenkorrupsiedag

Die Teenkorrupsie Kommissie het vandag die Afrika Teenkorrupsiedag gevier deur die teenkorrupsie-riglyne vir ondersoeke van praktyke, stelsels en prosedures in openbare en private organisasies in Windhoek bekend te stel. Hierdie riglyne sal ander voorkomingspogings en hulpmiddels soos korrupsie-risiko-beoordelings en openbare onderrig aanvul om korrupsie-skuiwergate in Namibië toe te maak. Erna van der Merwe, adjunkdirekteur van die kommissie, sê die dag bied ‘n geleentheid vir die vasteland om te besin en kragte saam te snoer in die stryd teen korrupsie. Die tema ‘Strategies and Mechanisms for Transparent Management of COVID-19 funds’, kom op ‘n tydstip dat daar ‘n behoefte is om die belangrikheid van aanspreeklikheid en werkbare oplossings te beklemtoon in die hantering van fondse wat toegewys is om Covid te takel.