Namibiese damme tans saam 79,9% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 79,9 persent vol teenoor die 82,6 persent die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die Suide-damme is gesamentlik die voller teen 88,6 persent teenoor verlede jaar se 88,3 persent. Sentrale damme is saam aansienlik leër teen 55,1 persent teenoor verlede jaar se 80,3 persent. Kommer heers oor Gobabis se damme wat saam slegs 21,6 persent vol is.