Bosbou-direkteur ook bekommerd oor verwoestyning in Noorde

Die bosbou-direkteur in die omgewingsministerie, Johnson Ndokosho, stem saam met die streeksgoewerneur van Oshana, Elia Irimari, sê dit is hoog tyd om woude in die noordelike sentrale gebiede te beskerm, deur die afkap van bome wat tans buite beheer is, stop te sit. Hy sê Noorde-streke vind verwoestyning plaas en daar kan nie net toegekyk word hoe omgewings-terrorisme gepleeg word nie. Irimari het bygevoeg dat sy kantoor met ander streeksgoewerneurs kan koördineer in ‘n operasie wat oortreders aan die kaak sal stel en hul toerusting te konfiskeer. Johnson doen ‘n beroep op gemeenskappe om ander materiaal te gebruik om huise te bou.