Teenkorrupsie-kommissie trek Amta-amptenaar vas

Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië het vandag ‘n amptenaar van die Landboubemarkings- en Handels­agentskap, bekend as AMTA ,vir beweerde korrupte praktyke aangekeer. Die kommissie het ‘n wenk van die fluitjieblaser ontvang teen ‘n amptenaar wat na bewering AMTA-fondse verduister het vir selfverryking. Daar word beweer dat hy mielies van AMTA-silo’s aan individuele persone verkoop het en private bankbesonderhede aan hulle gegee om die geld in te betaal. Verder word beweer dat ‘n sowat 80 ton mielies van die AMTA-silo in Katima Mulilo onlangs aan ‘n meulenaar verkoop is, met die belastingfaktuur van 280 000 dollar wat uitgereik is met ‘n privaat persoon se bankbesonderhede waarin die geld inbetaal moet word. Dit blyk dat die rekening nie aan AMTA behoort nie. Die verdagte word is in polisie-aanhouding en sal Maandag in die Katima Mulilo-landdroshof verskyn.