Namibiese gesondheidsministerie bekommerd oor lae inentingskoers

Die Namibiese gesondheidsministerie hou ‘n twee daagse vergadering met belanghebbendes oor die Covid-inetings. Die ministerie het nie sy 2022-inentingsteiken van 60 persent bereik nie met slegs 24 persent Namibiërs wat ten volle ingeënt is. Sowat 300 000 entstowwe moes vernietig word. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, is aan die woord.