Taxi-hulpfonds van R1,1 miljard in SA van stapel gestuur

Die Suid-Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, het vandag die Taxi-hulpfonds-aansoekproses amptelik geopen. Die fonds is meer as 1,1 miljard rand werd. Mbalula sê die regering het die fonds met die bedryf se insette ontwikkel, ten einde die ekonomiese impak van die Covid-pandemie op die bedryf gedeeltelik te verlig.

Die minister sê operateurs wat kwalifiseer sal na verwagting ongeveer vyf duisend rand elk ontvang.