Shongololo Express-trein vertrek 25 Februarie uit Walvisbaai na Kaapstad

Die luukse Suid-Afrikaanse treingroep Rovos Rail se Shongololo Express bied op 25 Februarie ‘n agt dae avontuur-treintoer vanaf Walvisbaai na Kaapstad aan. Die roete neem passasiers vanaf Walvisbaai na onder meer Swakopmund, die Visrivier-canyon, Matjiesfontein en Franschhoek na Kaapstad. Brenda Vos, Rovos Rail se kommunikasiebestuurder, gee meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus.