SA entstofdeskundige bekommerd oor sosiale afstand in skole

Die Suid-Afrikaanse entstofdeskundige, professor Shabir Madhi sê om ‘n “veilige” sosiale afstand van ander te handhaaf is nie genoeg om oordrag van Covid-19 in skole te vermy nie. Hy sê dis nou belangrik om leerders toe te laat om in hul volle getalle skole toe terug te keer, om sodoende vermy dat hul onderrig verder onderbreek word. Madhi sê voldoende ventilasie in klaskamers sal die beste manier wees om die verspreiding van die virus onder leerders te vermy. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.