Taxi-bedryf in Suid-Afrika gaan gesubsidieer word

Die Suid-Afrikaanse minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het aangekondig die taxi-bedryf in die buurland gesubsidieer gaan word. Mbalula het in sy begrotingstoespraak bevestig dat beraadslagings met verskeie belanghebbende partye positiewe resultate opgelewer het en ooreenkomste is bereik oor verskillende idees oor hoe die sektor geformaliseer kan word. Mbalula sê ‘n subsidie-stelsel het onder meer ten doel om die bedryf te help met groter veiligheid en gemak vir pendelaars.