Die Bulls en die Sharks verloor

Die Leeus het die Bulle, wat die voorlopers op die punteleer van die Reënboogbekerkompetisie is, met ‘n oorwinning van 34-33 in ‘n wedstryd op Ellispark geskok. Dit was die Leeus se eerste oorwinning in vier wedstryde. Die Stormers het die Haaie in Durban met 25-22 geklop. Die plaasvervanger-losskakel, Tim Zwiel, het die wedstryd met ‘n strafskop in die laaste drie minute van die wedstryd vir die besoekers beklink. Edwill van der Merwe het twee keer vir die Stormers gedruk en Pieter-Steph du Toit het ook ‘n drie behaal.